Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » noodsaaklik
noodsaaklik [boodskap #136810] Ma, 07 Junie 2021 19:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
noodsaaklik
Afbreking: nood•saak•lik
Samestelling: noodsaak + -lik


Byvoeglike naamwoord: noodsaaklik
Vergrotende trap: noodsaakliker
Oortreffende trap: noodsaaklikste
Attributief: noodsaaklike
Partitief: noodsaakliks
Intensief: lewensnoodsaaklik

Betekenis:
• Wat baie nodig is.

Gebruik:
• Wat is vir jou noodsaaklik in die lewe en hoekom?

Sinoniem:
• belangrik
• broodnodig
• essensieel
• onmisbaar
• onontbeerlik

Antoniem:
• nie-noodsaaklik

Afgelei:
• noodsaaklikerwyse
• noodsaaklikheid

Vertaling:
Engels: necessary, essential
Nederlands: noodzakelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vrugteloos
Volgende onderwerp: duplikaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 02:35:00 MGT 2024