Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » edel
edel [boodskap #136782] Vr, 04 Junie 2021 19:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
edel
Afbreking: e•del


Byvoeglike naamwoord: edel
Vergrotende trap: edeler
Oortreffende trap: edelste
Attributief: edel, edele
Partitief: edels

Betekenis:
• Wat goeie eienskappe het.
• Wat van adellike bloed is.
• 'n Metaal wat nie roes nie, of 'n gas wat nie met ander gasse meng nie.

Gebruik:
• Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid. [Spreuke 31:25]
• Sy is edel van geboorte.
• Silwer is minder edel as goud, omdat silwer na verloop van tyd swart word.

Sinoniem:
• getiteld
• hoogstaande
• koninklik
• majestueus
• nobel
• onvermeng
• prinslik
• rein
• roesvry
• roeswerend
• suiwer
• verhewe
• volbloed
• waardevol
• waardig

Antoniem:
• onedel

Afgelei:
• edelagbaar
• edele
• edelgas
• edelheid
• edelknaap
• edelman
• edelmetaal
• edelmoedig
• edelsteen
• edelvrou
• halfedel

Vertaling:
Engels: noble; of noble birth; precious, noble
Nederlands: edel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: seëning
Volgende onderwerp: kussinggeveg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 02:42:12 MGT 2024