Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » jeuk
jeuk [boodskap #136779] Vr, 04 Junie 2021 17:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
jeuk
Afbreking: jeuk


Werkwoord: jeuk
Verlede tyd: het gejeuk

Betekenis:
• Kriewelrige sensasie op die vel voel (wat maak dat mens die vel wil krap).

Gebruik:
• Dit jeuk waar die muskiet my gebyt het.

Spreekwoord:
• Sy hande jeuk altyd. [Hy karring onnodiglik aan dinge.]
• Krap waar dit nie jeuk nie. [Jou bemoei met sake wat jou nie aangaan nie.]

Vertaling:
Engels: to itch
Nederlands: jeuken


Selfstandige naamwoord: jeuk
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Irriterende krieweling of prikkeling van die vel.

Gebruik:
• Het julle medikasie wat sal help vir die jeuk?

Afgelei:
• jeukerig
• jeukery
• jeukplek
• jeukpoeier
• jeuksiekte

Vertaling:
Engels: itch
Nederlands: jeuk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Japans
Volgende onderwerp: luisterryk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 02:43:16 MGT 2024