Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » naamval
naamval [boodskap #136765] Do, 03 Junie 2021 14:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
naamval
Afbreking: naam•val
Uitspraak: /ˈnɑːmfɑɫ/, /ˈnaːm.fɑl/


Selfstandige naamwoord: naamval
Meervoud: naamvalle
Verkleinwoord: naamvalletjie
Meervoud van verkleining: naamvalletjies

Betekenis:
• Verbuiging van 'n naamwoord, lidwoord of telwoord wat die funksie van die woord in 'n sin aandui.

Gebruik:
• Duits het vier naamvalle, maar in Afrikaans het die stelsel byna heeltemal verlore gegaan.

Sinoniem:
• kasus

Hiponiem:
• ablatief
• akkusatief
• datief
• genitief
• instrumentaal
• lokatief
• nominatief
• vokatief

Afgelei:
• naamvalsuitgang

Vertaling:
Engels: grammatical case
Nederlands: naamval, casus

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stiefvader
Volgende onderwerp: voorval
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 02:46:58 MGT 2024