Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pamflet
pamflet [boodskap #136752] Wo, 02 Junie 2021 14:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pamflet
Afbreking: pam•flet


Selfstandige naamwoord: pamflet
Meervoud: pamflette
Verkleinwoord: pamfletjie
Meervoud van verkleining: pamfletjies

Betekenis:
• 'n Kort geskrif wat versprei word, meestal 'n gevoude blaadjie oor 'n aktuele onderwerp.

Gebruik:
• Lees die bygaande pamflet voordat u die medikasie neem.

Sinoniem:
• blaadjie
• brosjure
• handbiljet
• skimpskrif
• smaadskrif
• strooibiljet
• traktaatjie
• vlugskrif

Afgelei:
• pamfletdoos
• pamfletopgaarder
• pamfletskrywer
• pamfletverspreiding

Vertaling:
Engels: pamphlet
Nederlands: pamflet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: deodorant
Volgende onderwerp: griffie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 02:50:42 MGT 2024