Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » brandmerk
brandmerk [boodskap #136733] Ma, 31 Mei 2021 20:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bees word gebrandmerk.
'n Bees word gebrandmerk.
brandmerk
Afbreking: brand•merk
Samestelling: brand + merk


Werkwoord: brandmerk
Verlede tyd: het gebrandmerk

Betekenis:
• Om 'n dier of misdadiger met 'n warm voorwerp te merk.
• (figuurlik) 'n Etiket om 'n persoon se kop hang; iemand stigmatiseer.

Gebruik:
• Die boer brandmerk sy beeste.
• 'n Mens word deesdae al te maklik as 'n rassis gebrandmerk.

Vertaling:
Engels: to brand, mark; stigmatize
Nederlands: brandmerken


Selfstandige naamwoord: brandmerk
Meervoud: brandmerke
Verkleinwoord: brandmerkie
Meervoud van verkleining: brandmerkies

Betekenis:
• 'n Plek waar iets of iemand gebrand het.
• (figuurlik) 'n Skandvlek op iemand se goeie naam.

Gebruik:
• Die ongeluk het 'n lelike brandmerk op sy vel gelaat.
• 'n Mens skud nie maklik die brandmerke van jou verlede af nie.

Afgelei:
• brandmerking

Vertaling:
Engels: brand, mark made by branding
Nederlands: brandmerk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: praktisyn
Volgende onderwerp: lamlendig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 02:35:31 MGT 2024