Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Springbok embleem & SARVU ondersoek
Springbok embleem & SARVU ondersoek [boodskap #13672] Di, 31 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
Grove Erasmus[2]  is tans af-lyn  Grove Erasmus[2]
Boodskappe: 4
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Kan iemand my dalk verlig en se wat die moontlike wegneem van die Springbok tot gevolg gebring het ? Wat het dit te doen met die ondersoek om Sarvu ? Ek sien dit al weer as 'n politieke snert.
Re: Springbok embleem & SARVU ondersoek [boodskap #13673 is 'n antwoord op boodskap #13672] Di, 31 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
andr...  is tans af-lyn  andr...
Boodskappe: 62
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Die ANC en sy travante is die moer in omdat Sarvu dit durf waag om die president so te beledig om in die hof te moet gaan getuig.

Persoonlik dink ek as hy 'n besluit wil neem moet hy bereid wees om die hammering te vat daarvoor.

Grove Erasmus wrote in message ...
Kan iemand my dalk verlig en se wat die moontlike wegneem van die Springbok tot gevolg gebring het ? Wat het dit te doen met die ondersoek om Sarvu ? Ek sien dit al weer as 'n politieke snert.
Re: Springbok embleem & SARVU ondersoek [boodskap #13708 is 'n antwoord op boodskap #13672] Wo, 01 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Grove Erasmus wrote in message ...
Kan iemand my dalk verlig en se wat die moontlike wegneem van die Springbok tot gevolg gebring het ? Wat het dit te doen met die ondersoek om Sarvu ? Ek sien dit al weer as 'n politieke snert.

Ek weet nie of dit "verligting" sal bring nie, maar hier is soos ek die storie het:

In die begin van die negentigs, het die ou SA Rugby Unie (wittes) en SA Rugbyraad (ander) saamgesmelt en die SA Rugby-voetbalunie gevorm.

Louis Luyt (voorheen SARU) is as voorsitter gekies. In die Transvaalse Rugby-Unie was hy ook voorsitter, en sy ondervoorsitter was Brian van Rooyen - 'n bruinman voorheen van SARR.

Luyt kom vir my oor as 'n bombastiese, outokratiese soort mens wat nie baie goeie maniere het nie. Hy en Van Rooyen het blykbaar nie goed klaargekom nie.

Van Rooyen het in die geheim 'n verslag opgestel waarin hy ernstige vraagtekens plaas op die administrasie van die TRU, en veral die vinger wys na Luyt met allerlei klagtes van nepotisme (Luyt se skoonseun en ander familie wat poste beklee in TRU strukture ens, beweerde rassistiese uitlatings van Luyt teenoor Van Rooyen, ens.) Die verslag is na die minister van sport.

Minister van sport het 'n departementele ondersoek gelas na SARFU. SARFU het geweier om met die ondersoek saam te werk, tensy hulle insae kry in die klagtes teen hulle. Departement van sport het geweier om hulle insae te gee.

In een stadium, as ek reg onthou, het SARFU 'n hofbevel gekry wat die departement beveel om Van Rooyen se verslag vir SARFU te gee. SARFU beweer hulle het in alle ander opsigte met die department saamgewerk oor die departementele ondersoek.

Die departement se reaksie was om Mandela te vra om 'n regterlike ondersoek te gelas na die sake van SARFU (omdat rugby 'n "nasionale bate" is, is die departement se standpunt). SARFU se standpunt is dat die regterlike kommissie van ondersoek 'n onregmatige inmenging is in die sake van 'n private organisasie.

Die tegniese punt waaroor die hele saak vashaak is of Mandela, soos die Grondwet vereis, al die relevante inligting behoorlik oorweeg het (of hy "behoorlik aandag gegee" het aan die saak) voordat hy die uitvoerende besluit uitgereik het. SARFU beweer dat die besluit in werklikheid deur die minister van sport geneem is en dat Mandela slegs as rubberstempel gedien het vir daardie besluit. Dit sou 'n ongrondwetlike misbruik van die presidentsiële magte wees.

SARFU het toe 'n hofsaak aanhangig gemaak om die aanstelling van die regterlike kommissie tersyde te laat stel. die hof moet, onder andere, besluit of Mandela wel self die besluit geneem het, en of hy die besluitneming aan sy minister oorgelaat het.

In al die ondersoeke en hofsake is daar natuurlik aan veel getuienis gelei oor Van Rooyen se verslag - my indruk is dat Van Rooyen nie daarin geslaag het om enige van sy bewerings te bewys nie.

Mandela se getuienis is in die vorm van 'n eedverklaring by die hof ingedien. SARFU was hiermee tevrede, maar die regter in die saak was nie. Hy het gelas dat Mandela persoonlik voor die hof getuig.

Hieroor was baie ANC-ondersteuners smoorkwaad - hoe kan hulle heilige ikoon sommer so voor die hof gesleep word om sy besluite te verdedig (iets wat die grondwet wel vereis). Hulle het SARFU verkwalik dat hulle Mandela "hof toe sleep". Maar let wel, SARFU het geensins daarop aangedring dat Mandela verskyn nie - die hof het (soos dit sy reg is) besluit hy wil hoor wat die president vir homself te sê het.

Tim du Plessis van Beeld het so ver gegaan om op die program "Kommentaar" te verklaar dat SARFU in die eerste plek nie die hofsaak aanhangig moes maak nie, weens die moontlikheid dat dit daartoe kon lei dat Mandela moes getuig! Die implikasies van so 'n standpunt vir die fundamentele regte van mense is natuurlik skrikwekkend. Mandela het, myns insiens korrek, gevoel hy wil wel getuig (dit sou ook dien as swak refleksie op PW Botha se weiering om voor die WVK te verskyn, maar dis maar een van die oorwegings).

In elk geval, Mandela het toe vir twee dae getuig, en Luyt gruwelik swartgesmeer.

Onmiddelik na Mandela se getuienis het SARFU dokumentêre getuienis voorgelê wat daarop kan dui dat Mandela willens en wetens vir die hof gelieg het. Die potensiële implikasies hiervan is natuurlik skokkend en almal - koerante in kluis, is in 'n vreeslike verleentheid. Die ding word met allerlei eufimismes beskryf, soos: "die president se integriteit is nie in gedrang nie, maar sy getuienis is onbetroubaar"!!!

Nou is die kat behoorlik onder die hoenders. Die ANC en sy meelopers is briesend kwaad vir SARFU omdat Mandela 'n kluit van homself gemaak het.

Nou het die SA Sports Council, in 'n vergadering waar dit blykbaar hoogs histeries gegaan het, blykbaar besluit hulle wil Luyt met alle mag van die aarde veeg. As dit nodig is, sal hulle rugby saam met hom vernietig. Hulle eis dat die hele (demokraties verkose) SARFU-bestuur bedank en vervang word met 'n liggaam wat die SASC aanstel. As dit nie gebeur nie, sal hulle sorg dat rugby weer soos in die verlede ge-isoleer word. Die voorwendsel is dat rugby nie genoeg doen vir ontwikkeling in agtergeblewe gemeenskappe nie (iets waaroor SARFU natuurlik van hulle verskil).

Veral Afrikaners ervaar die ding as nog 'n aanval op Afrikaners. Radio Pretoria het nou die dag 'n kort inbelprogram daaroor gehad. Die inbellers het soos een man gemeen dat SARFU nie moet bedank nie, en moet weerstand bied, al beteken dit die einde van rugby as 'n nasionale sport.

My siening is dit: Ek verpes in elk geval hierdie massa-verskynsel van sport as entertainment. Ek dink die sosiale uitwerking daarvan is afbrekend (Umberto Eco het 'n indrukwekkende essay gepubliseer waarin hy hierdie verskynsel kritiseer). Ek het nog nooit van Luyt se persoonlikheid gehou nie.

Desnieteenstaande is my simpatie by SARFU en Luyt in hierdie saak - op suiwer fundamenteelregtelike oorwegings.

My indruk is dat die hele saak 'n massiewe polariserende uitwerking op die SA samelewing het. Daarvoor gee ek die skuld nie aan SARFU nie, maar aan Van Rooyen, Mandela en die regering, die ANC en die SASC.

Groete, Leendert
Re: Springbok embleem & SARVU ondersoek [boodskap #13783 is 'n antwoord op boodskap #13672] So, 05 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
peet  is tans af-lyn  peet
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Deels politiek, deels eie belang, definitief nie nonsens nie.
Peet

Grove Erasmus wrote in article
...
Kan iemand my dalk verlig en se wat die moontlike wegneem van die Springbok
tot gevolg gebring het ? Wat het dit te doen met die ondersoek om Sarvu ?
Ek sien dit al weer as 'n politieke snert.

----------
Vorige onderwerp: Kennis op voetsoolvlak
Volgende onderwerp: 6 April 1652
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 02:12:56 MGT 2024