Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kanniedood
kanniedood [boodskap #136700] Sa, 29 Mei 2021 15:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20225
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kanniedood.
'n Kanniedood.
kanniedood
Afbreking: kan•nie•dood
Samestelling: kan + nie + dood


Selfstandige naamwoord: kanniedood
Meervoud: kanniedoods

Betekenis:
• 'n Geharde aalwyn, Gonialoe variegata, ook die bontaalwyn genoem.
• (figuurlik) Iets of iemand wat taai is en nie sommer ondergekry kan word nie; aanhouer; vasbyter.

Gebruik:
• Die kanniedood is inheems aan Suid-Afrika en Namibië, word tot 50 cm hoog en blom vanaf Julie tot Augustus.
• Op 80 is sy 'n regte kanniedood wat nog stof in die jonges se oë skop.

Afgelei:
• kanniedoodblom

Vertaling:
Engels: tiger aloe, partridge-breasted aloe; diehard, persister

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: berispe
Volgende onderwerp: deugniet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 16:58:13 MGT 2024