Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beitel
beitel [boodskap #136660] Di, 25 Mei 2021 20:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Beitels
Beitels
beitel
Afbreking: bei•tel


Selfstandige naamwoord: beitel
Meervoud: beitels
Verkleinwoord: beiteltjie
Meervoud van verkleining: beiteltjies

Betekenis:
• Gereedskap met 'n plat punt waarmee materiale (soos hout of klip) gekerf of gekap word.

Gebruik:
• Die beeldhouer gebruik 'n beitel om 'n beeld uit 'n blok graniet te kap.

Hiponiem:
• aambeeldbeitel
• breekbeitel
• klipbeitel
• snybeitel

Afgelei:
• beitelhef
• beitelwerk

Vertaling:
Engels: chisel
Nederlands: beitel

'n Blok hout word gebeitel.
'n Blok hout word gebeitel.

Werkwoord: beitel
Verlede tyd: het gebeitel

Betekenis:
• Met 'n beitel kerf, kap of sny.

Gebruik:
• Die beeldhouer beitel 'n borsbeeld uit 'n blok graniet.

Afgelei:
• afbeitel
• uitbeitel

Vertaling:
Engels: to chisel
Nederlands: beitelen

Nota:
• Moenie "beitel" met "bytel" (ww.) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vermetel
Volgende onderwerp: gesogte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 02:34:44 MGT 2024