Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Zuna - wondervrou
Zuna - wondervrou [boodskap #13659] Di, 31 Maart 1998 00:00
karl-...  is tans af-lyn  karl-...
Boodskappe: 3
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Nou Ja ....


Zuma plan met MBR 'onregmatig'

KAAPSTAD. - Dr. Nkosazana Zuma se beplande ontbinding van die
Medisynebeheerraad en die ontslag van sy twee mees senior lede is onregmatig,
sê kenners.

Zuma, Minister van Gesondheid, mislei voorts die publiek en tree heeltemal
onverantwoordelik op deurdat sy die raad vir die onmiddellike toekoms verlam,
het dr. Ruth Rabinowitz, IVP woordvoerder oor gesondheid, gister aan Die
Burger gesê.

Zuma het deur haar opskorting van die raad se bedrywighede 'n vakuum
geskep - dit sonder dat enigiemand eers haar taakgroep se verslag getoets
het. "Dis ongelooflik . . ."

"Zuma is deesdae verhewe bo die wet. Sy kan maak soos sy wil. Hoe meer sy
doen, des te magtiger word sy. Sy is 'n populistiese outokraat."

Volgens Rabinowitz gebruik Zuma die taakspan se verslag as verskoning om
van die raad ontslae te raak. Die taakspan het met dié aanbeveling egter sy
mandaat oorskry.

As die departement, soos die taakspan voorgestel het, 'n tweede struktuur
of liggaam wil instel, moes die raad behoue gebly het terwyl sy voortbestaan
heroorweeg is.

Mnr. Mike Ellis, DP woordvoerder oor gesondheid, het gesê daar is niks in
die betrokke wet wat aan Zuma die reg verleen om die raad eensydig te ontbind
nie. Mnr. Zenwill Lacob, 'n prokureur wat in arbeidsreg spesialiseer, steun
dié siening.

Ellis vermoed Zuma het oor dié kwessie regsadvies ingewin, omdat sy
teruggekrabbel het ná haar besluit om die raad af te skaf. Die taakspan het
aanbeveel dat sy die raad ontbind.

Die raad is kragtens 'n wet van die Parlement ingestel en die minister kan
nie bloot 'n proklamasie uitreik om dit te ontbind nie, het Ellis gesê.

Sy "wil klaarblyklik nie deur die wet voorgeskryf wees nie en het gehoop
sy kan eensydig optree".

As sy haar planne met die raad verlede week aangekondig het, sou sy baie
van die verwarring en woede vermy het wat die bekendmaking nou ontlok het.

Zuma het nou "die saad van diepe wantroue oor die bevoegdheid van die raad
en sy lede gesaai en alle hoop op 'n redelike skikking van die kwessie het
feitlik verdwyn".


© 1997 DIE BURGER
web...@burger.naspers.co.za
Vorige onderwerp: Kiepersol
Volgende onderwerp: Oorwinnaars
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 05 16:32:51 MGT 2024