Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » struikel
struikel [boodskap #136515] Ma, 10 Mei 2021 13:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
struikel
Afbreking: strui•kel


Werkwoord: struikel
Verlede tyd: het gestruikel

Betekenis:
• Die ewewig verloor as een van die voete vashaak.
• (figuurlik) 'n Misstap begaan; verkeerde dinge doen.

Gebruik:
• Die seun struikel oor 'n klip en val sy nerwe af.
• Moenie dat slegte vriende jou laat struikel nie.

Spreekwoord:
• Die beste perd struikel ook wel. [Elkeen kan 'n fout begaan.]
• 'n Perd met vier bene struikel ook. [Elkeen kan 'n fout begaan.]

Sinoniem:
• stamel
• strompel
• tuimel
• val
• vashaak
• wankel

Afgelei:
• struikelaar
• struikelend
• struikelblok

Vertaling:
Engels: to trip, stumble
Nederlands: struikelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voorkeur
Volgende onderwerp: tuisnywerheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 02:49:21 MGT 2024