Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » marine
marine [boodskap #136488] Vr, 07 Mei 2021 16:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
marine
Afbreking: ma•ri•ne


Selfstandige naamwoord: marine
Meervoud: marines

Betekenis:
• Skeepvaart.
• Die oorlogsvloot van 'n land.

Gebruik:
• Wat die marine betref is Skotland 'n leier in die skeepsbou.
• Die die Oos-Indiese Maatskappy se marine is in 1612 gestig om die Britse handelskepe te beskerm.

Sinoniem:
• seemag
• seewese
• skeepsmag
• vloot

Afgelei:
• marine-artillerie
• marinebasis
• marinebegroting
• marineblou
• marinehawe
• marinehospitaal
• marine-ingenieurswese
• marine-instituut
• marinekorps
• marinelugmag
• marine-offisier
• marineskool
• marinestaf
• marinestasie
• marinetoerusting
• marinevliegtuig
• marinewerf
• marinewese

Verwant:
• marinier

Vertaling:
Engels: shipping, navy, seapower
Nederlands: marine

Nota:
• Pasop om nie marine (s.nw.) met mariene (b.nw.) te verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stereotipe
Volgende onderwerp: mariene
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 05:54:28 MGT 2024