Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aangesig
aangesig [boodskap #136474] Do, 06 Mei 2021 10:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die aangesig van 'n seun.
Die aangesig van 'n seun.
aangesig
Afbreking: aan•ge•sig


Selfstandige naamwoord: aangesig
Meervoud: aangesigte
Verkleinwoord: aangesiggie
Meervoud van verkleining: aangesiggies

Betekenis:
• Iemand se gesig, of figuurlik, sy aanwesigheid.

Gebruik:
• Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. [Eksodus 20:3]

Spreekwoord:
• Die waarheid in die aangesig slaan. [Leuens vertel.]
• Hy is uit sy pa se aangesig gesny. [Hy lyk soos sy pa.]
• Hy dra sy hart op sy aangesig. [Sy gelaatsuitdrukking verraai sy gevoelens.]
• Van aangesig tot aangesig. ['n Persoonlike/privaat gesprek met iemand voer.]
• Wie sy neus skend, skend sy aangesig. [Wie van familie kwaadpraat, deel self in die skande.]

Sinoniem:
• aanskyn
• bakkies
• blik
• gelaat
• gesig
• gevreet

Vertaling:
Engels: countenance, face
Nederlands: aangezicht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: metterwoon
Volgende onderwerp: boetedoening
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 05:27:44 MGT 2024