Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Engelsman
Engelsman [boodskap #136435] So, 02 Mei 2021 10:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Engelsman
Afbreking: Engels•man
Samestelling: Engels + man
Uitspraak: /ˈeŋəɫsmɑn/, /ˈəŋəɫsmɑn/


Selfstandige naamwoord: Engelsman
Meervoud: Engelsmanne, Engelse
Verkleinwoord: Engelsmannetjie
Meervoud van verkleining: Engelsmannetjies

Betekenis:
• Inwoner van Engeland of iemand wat Engels praat.
• 'n Vis wat van Algoabaai tot by Mosambiek voorkom, Chrysoblephus anglicus.

Gebruik:
• Hou jou hande bo jou kop, Engelsman!
• Die visserman het 'n engelsman gevang.

Sinoniem:
• Rooinek
• Soutie

Vertaling:
Engels: Englishman
Nederlands: Engelsman
Venda: Muisimane, Ḽiisimane
Xhosa: iNgesi
Zoeloe: iNgisi, umNgisi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eksaminator
Volgende onderwerp: entjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 05:43:23 MGT 2024