Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » doodsbleek
doodsbleek [boodskap #136409] Do, 29 April 2021 20:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
doodsbleek
Afbreking: doods•bleek
Samestelling: dood + -s- + bleek


Byvoeglike naamwoord: doodsbleek
Attributief: doodsbleke

Betekenis:
• Intensiewe vorm van bleek. Baie bleek. So bleek soos 'n lyk, of so wit soos iemand wat siek is of groot geskrik het.

Gebruik:
• Hy het doodsbleek geword van skrik. Sy knieë het letterlik begin bewe van vrees. [Daniël 5:6]

Sinoniem:
• asvaal
• kadaweragtig
• lykwit
• wasbleek

Vertaling:
Engels: very pale, deathly pale
Nederlands: doodsbleek, lijkbleek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: doodblaas
Volgende onderwerp: doofstom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 05:44:17 MGT 2024