Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jacaranda Stereo is DEURMEKAAR
Jacaranda Stereo is DEURMEKAAR [boodskap #13640] Ma, 30 Maart 1998 00:00
Grove Erasmus[2]  is tans af-lyn  Grove Erasmus[2]
Boodskappe: 4
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Aan: Jacaranda Stereo bestuur & Omroepers - DIE KANS DAT JULLE HIEROP SAL REAGEER IS WAARSKYNLIK 0.00000000001 %.

Dagse. Jacaranda Stereo, 94.2 FM & 95.1 FM, Gauteng & N-Provinsie

Ek vind julle musiek is bykans ELKE DAG dieselfde. Hoe kry julle dit reg. Musiek maatskappye val sekerlik oor hulle voete sodat julle net van die promosie CD's moet speel. Het julle al ooit na CMT (kanaal 44) - Country Music Television - op DSTV gekyk ? Al gehoor watse goeie musiek speel hulle daar ? Wat van 'n verskeidenheid. Ek weet dat jy se dat julle vir almal speel. Ek het self musiek gespeel vir 'n mobiele disko, Magic Melodies www.magicmelodies.co.za .
Julle sal se dat ek die stasie kan wissel. Dit is presies wat ek doen. Ongelukkig werk ek in 'n sentrum waar die oorhoofse stelsel op Wakkeranda ingestel is. Tragies. En erger, ek woon in Ellisras, N-Prov. Ek luister graag na RSG 101.0 FM. Julle hele musiek speel lys is HEELTEMAL voorspelbaar. Het julle al ooit na Hoeveld stereo geluister ? Indien jy al in Londen, Engeland was of soontoe gaan, luister gerus na Heart 106.2 FM of na Capitol 95.8 FM. In Amsterdam, Nederland (waar Nederlands GEENSINS bang/skaam is vir Nederlands na Radio NOORDSEE. Dit is die ekwivalent van Jakaranda, maar speel NOOIT dieselfde goed oor nie.

Waarom praat julle soveel ENGELS as (ek is seker daarvan) die meerderheid van julle luisteraars Afrikaans sprekend is ? Besluit watter taal julle wil praat, Afrikaans of Engels. In Belgie, wat ook tweetalig is, bestaan daar GEEN tweetalige radio/TV Stasie. Waarom kan ons nie ook dieselfde hier doen/he ? Ek luister graag na Punt op 1332AM. Geen gemengde taal.

Hierdie boodskap is ook beskikbaar op die UseNet, soc.culture.south-africa.afrikaans waar ander mense hulle kommentaar oor die saak kan stel.

Besluit dus wat julle wil doen. Waarom spreek julle jul gehoor aan in Engels as die meerderheid Afrikaans/Nederlands sprekend is ? Gemengde taal DEUG NIE.
Vorige onderwerp: Re: Jacaranda Stereo is DEURMEKAAR
Volgende onderwerp: Kiepersol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 01:52:54 MGT 2024