Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grynslag
grynslag [boodskap #136392] Di, 27 April 2021 20:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grynslag
Afbreking: gryns•lag
Samestelling: gryns + lag


Selfstandige naamwoord: grynslag
Meervoud: grynslagte
Verkleinwoord: grynslaggie
Meervoud van verkleining: grynslaggies

Betekenis:
• Manier van lag wat nie plesier nie, maar haat of spot uitdruk.

Gebruik:
• Jy kan maar daai grynslag van jou bakkies afvee.

Sinoniem:
• grinnik
• hoonlag
• pruilmond
• spotlag

Afgelei:
• grynslaggend

Vertaling:
Engels: sardonic laugh, smirk, sneer, grin
Nederlands: grijnslach


Werkwoord: grynslag
Verlede tyd: het gegrynslag

Betekenis:
• Om vals, spottend, venynig of haatlik te lag.

Gebruik:
• Die man grynslag hardop in die hof.

Vertaling:
Engels: to grin, smirk, sneer
Nederlands: grijnslachen

Nota:
• Om te lag soos 'n boer wat tandpyn het.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: struikelblok
Volgende onderwerp: metgesel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 05:39:57 MGT 2024