Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » handleiding
handleiding [boodskap #136386] Di, 27 April 2021 12:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
handleiding
Afbreking: hand•lei•ding


Selfstandige naamwoord: handleiding
Meervoud: handleidinge, handleidings
Verkleinwoord: handleidinkie
Meervoud van verkleining: handleidinkies

Betekenis:
• Gids wat as hulpmiddel by die studie van 'n vak of onderwerp gebruik word.
• Pamflet met gebruiksaanwysings.

Gebruik:
• Jy sal nooit die toets deurkom as jy nie die regte handleiding gebruik nie.
• Mans hou nie daarvan om die handleiding te lees voor hulle iets aanmekaarsit nie.

Sinoniem:
• handboek
• gebruiksgids

Afgelei:
• bedryfshandleiding
• gebruikerhandleiding
• kursushandleidings
• rekenaarhandleiding

Afgelei:
• handleidingsbladsy

Vertaling:
Engels: guide, handbook, manual
Nederlands: handleiding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: windspoed
Volgende onderwerp: dakloos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 05:20:50 MGT 2024