Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vergryp
vergryp [boodskap #136357] Ma, 26 April 2021 07:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergryp
Afbreking: ver•gryp
Samestelling: ver- + gryp


Selfstandige naamwoord: vergryp
Meervoud: vergrype
Verkleinwoord: vergrypie
Meervoud van verkleining: vergrypies

Betekenis:
• 'n Verbode handeling of sondige daad.

Gebruik:
• Die straf vir so 'n vergryp kon wissel vanaf 'n blote waarskuwing tot die doodstraf.

Sinoniem:
• fout
• misdaad
• misgryp
• misstap
• oortreding
• sonde
• wanpraktyk
• wangedrag

Vertaling:
Engels: transgression, infringement, violation
Nederlands: vergrijp


Werkwoord: vergryp
Verlede tyd: het vergryp

Betekenis:
• Om iets wat ongeoorloof is te doen, of om iets in oormaat te doen (soos te veel drink).

Gebruik:
• Spanning kan veroorsaak dat mense hulle aan kos vergryp.

Vertaling:
Engels: to transgress, infringe, violate
Nederlands: vergryp

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vergetelheid
Volgende onderwerp: verhelder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 04:36:09 MGT 2024