Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Wie is Wie van Afrikaners
Die Wie is Wie van Afrikaners [boodskap #13614] So, 29 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Eers die hoerhuis storie van 'n dorp se munisipaliteit:
Daar was drie verdiepings wat vir 'n dorpsinkomste moes sorg:

Eerste verdieping met ongetroude meisies het op 'n roerende verlies gewerk.
Hulle leuse was:" Op hierdie vloer word baie geld aan haarversoriging,
grimering en klerasie bestee. Hier moet 'n man speel sonder om skade aan
die uiterlike aan te rig."

Tweede verdieping, met huisvrouens in 'n benarde finansiele posisie, se
leuse was:
"Ons het die hele dag daaraan spandeer om aan die kant te maak. 'n Man wat
hier kom speel moet sy klere netjies opvou en nie die beddens omkrap nie."

Derde verdieping met hoogsproduktiewe, uiters winsgewende sakebedryf, was
die onderwyseresse se speelplek. Hulle leuse was:" O nee mannetjie, kom
terug! Jy gaan dit oor en oor doen totdat jy dit reg doen!"

Sommer net 'n storietjie vir die oud-onderwyseres in Kanada wat met die
ydele herhaling van woorde al maande dieselfde wysie oor-en-oor tokkel op
die internet.

Hoe verduidelik 'n mens nou aan haar dat haar mentaliteit tipies Boer is,
al ontken sy dit met bloed op die mure. Sy kyk net so terug op die verlede
en struikel oor haar toekoms soos alle inwoners van hierdie geliefde land.

In kort:

Die verskillende Afrikaners:

Die swerwende verdwaalde siele: Hulle wil nie meer as Afrikaners geklas
word nie, praat verkieslik Engels, stem radikaal en ontken hulle
bevoorregte lewe onder Apartheid; vlug verkieslik buiteland toe - " Nie oor
die Nuwe Suid-Afrika nie", sê hulle, maar oor die verlede!"

Hulle is liberaal, stem trots vir die ANC en praat verkieslik oor die
onmenslikhede van die verlede en ignoreer die skokkende herhaling daarvan
in die hede; Konsentrasie op die verlede trek die aandag af van die hede,
en hulle dink hulle kom weg daarmee. Hulle letterkunde spreek van alle
moontlike vergrype wat tot die alpha en omega van die geskrewe woord verhef
word; verkneukel hulle aan die skielike vryheid van spraak deur alle
denkbare Bybelse sondes as heiligskennis te verklaar; teenkanting teen hul
nuwe denkwyses word as onderdukking en ongrondwetlik verban en kritici uit
eie Afrikanergeledere word as die laer strata van die sosiale sfeer beskou.
Praat verkieslik geen Afrikaans deur net Engelse vriendskappe aan te knoop,
maar speel heelnag deur skelmpies op die internet in Afrikaans, omdat die
verlange te groot word;

Die gematigde self-erkende Afrikaners: Vra verskoning vir die verlede,
aanvaar 'n gedwonge aftree pakket, begin 'n suksesvolle sake-onderneming,
hou van die nuwe land; maak vriende met die nuwe bure, betaal pligsgetrou
belasting; deel kospakkies uit aan die minder bevoorregtes, hou kerkbasaar
en samel geld in vir ouetehuise en weeskinders; woon nog steeds hulle kerke
by, leef Christelike beginsels uit, is mal oor braaivleis, jag, en die
langpad see toe in Desember. Slaan hoflik oor na Engels as anderstaliges
probleme ondervind om Afrikaans te praat. Hulle is lief vir die land,
aanvaar die nuwe bedeling, maar bly nederige, hardwerkende Afrikaners.

Die voorkoming-is-beter-as-genesing groep is hartstogtelik oortuig daarvan
dat die wit Afrikane 'n geroepe volk van God is, beter as enige iemand
anders in die wereld, en bestem om oor die nasies te regeer. Dra die Bybel
onder die arm vir naslaan doeleindes, eet lekker bruinbrood in die lokasies
as die ligte afgaan, oorheers hulle vroue en kinders en ondergeskiktes, sny
biltong met die immer teenwoordige bajonet van die geweer op die rug. Hou
die Afrikaner se kultuur van 'n driehonderdjarige oorlog pligsgetrou in
stand. Vertrou nie die verstand as 'n beter wapen dan die geweer nie.
Kultuurgoed is 4x4's met bree tekkies, kakieklere met verkieslik drie
versteekte wapens op die heupe, gesofistikeerde radio toerusting aan die
lyf, in die voertuig, op die dak, in die huis, en "paraat" is so goed as
uitgeborduur op die kakie-uniform. Hulle dring aan op die gebruik van
Afrikaans op alle denkbare en ondenkbare terreine en verwerp die hoflike
oorskakeling na Engels, as verraad teen die Volk.

Die hele spul deel 'n gemeenskaplike verlede wat individueel verskillend
vertolk word.
Demokrasie beteken dat almal se standpunte, hoe verwronge ookal,
gerespekteer word; aanvaar word dat hierdie klomp Gods-onmoontlik nie in
dieselfde blik verpak kan word nie, hoe ydel Gloudina nou ookal probeer
deur herhaling, om aan almal haar denkrigtings oor te dra; daar moet erken
word dat apartheid vir almal 'n voordeel was.

Skynheilige verontskuldiging sal niemand vryspreek nie - maak nie saak hoe
hard daar nou deesdae ontken word dat iemand Afrikaner is, maar nooit deel
gehad het aan apartheid nie. Dis seker die grootste leuen wat nog ooit
uitgedink kon word, en dit word deur die sogenaamde vrydenkendes versprei
om hulle eie skynheilige voorkeure en afkeure te verbloem. 'n Halwe
waarheid bly nog steeds 'n leuen.

Dis 'n eenvoudige storie oor die Afrikaner. Kyk maar na die res van
Suid-Afrika en word wakker. Soveel mense soveel denkrigtings, en dit het,
snaaks genoeg, bitter min met kleur-analises te doen. Hoe hoër die
opvoedingsvlak, hoe meer verdeeld is die denkrigtings - 'n baie gesonde
verskynsel, selfs in die Afrikaner-geledere.

So, liewe Gloudina, as jy nou klaar, vernuftig soos net 'n Christelike
nasionale-onderwyseres dit kan doen, jou egoistiese toer in die verlede in,
met jou familie as
hoof-onderwerp, kan voltooi, sal dit besonder baie waardeer word. Getrou
aan die handves van menseregte, is daar vir enige iemand plek op die
internet. Maar daar word niks gepraat van die ydele herhaling van woorde as
'n basiese mensereg nie. Selfs die Bybel maak ten sterkste beswaar teen so
'n aksie.

Maar miskien moet jy nou 'n bietjie begin vrae vra en luister, eerder as
die hele "klas" tot stilte te roep en na die strelende klanke van jou eie
stem te luister vir die res van die periode. Doen ons 'n gunsie, en slaan
'n nuwe blaadjie om. Ons het nie almal hierdie beherende mentaliteit nie;
raak nie ontsteld oor spelfoute nie, en geniet nogal die nuwe Suid-Afrika
met die magdom van standpunte en sirkusvertonings. Die feit dat persone in
ander beroepe opgelei is as die laerskool-onderwys, is vir jou 'n bietjie
moeilik om te begryp. Ook wil jy oor-en-oor hê dat net sekere Afrikaners
moet boet vir Apartheid. Jy is nie deel van hierdie groep nie, en gelukkig
weier jou man ook om die taal te praat. Dit maak julle hande skoon, en geen
bloedspatsel is op jou geheue in geprent nie. As jy in Suid-Afrika studeer
het, enige tyd voor 1991, het jy misbruik gemaak van die Apartheidsisteem,
en behoort jy nou pligsgetrou jou papiere terug te pos, en jou hele studie
in Kanada gaan oordoen. Stuur sommer die belastinggeld, plus rente, wat
deur die Apartheidsregering aan jou opvoeding spandeer was, ook terug aan
ons nuwe regering. Hulle sal jou heldhaftige daad besonder hoog op prys
stel.

ASSEBLIEF: Kan ons nie oor iets praat waarin jou familie nie sterk figureer
nie, en waarvan jy meer as net 'n verledetyd ervaringsveld het om op terug
te val.

Nou ja, groetnis hoor.
Re: Die Wie is Wie van Afrikaners [boodskap #13615 is 'n antwoord op boodskap #13614] So, 29 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"griet" writes:

> Sommer net 'n storietjie vir die oud-onderwyseres in Kanada wat met die
> ydele herhaling van woorde al maande dieselfde wysie oor-en-oor tokkel op
> die internet.

Nog 'n bom in die grond wat ontplof
word deur 'n raakskoot in die verloop
van die Derde Afrikaner-Vryheidsoorlog.

Penkop

>
Re: Die Wie is Wie van Afrikaners [boodskap #13634 is 'n antwoord op boodskap #13614] Ma, 30 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
j.b.  is tans af-lyn  j.b.
Boodskappe: 2
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Nou ja, laat ons ook weet van die interne nuusgroep, want nie almal van ons
wat in die buiteland woon is lus vir die aljimmerse heen-en-weer tussen
Kanada en Amerika nie :-)
\

word deur 'n nuusgroep wat oorheers word deur "oud suid
> afrikaners" wat op veilige afstand rasionaliseer oor hul besluit om die land
> te verlaat. Gelukkig is daar vir ons "agtergeblewenes" darem 'n alternatief.
> .....'n interne nuusgroep wat dinge heel positief beskou. Wat soms ook
> glimlag vir 'n klassieke weskus staaltjie of filosofeer oor die beste resep
> vir 'n marinade vir karootjops oor kameeldoringkole :)
>
Re: Die Wie is Wie van Afrikaners [boodskap #13635 is 'n antwoord op boodskap #13614] Ma, 30 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
dega  is tans af-lyn  dega
Boodskappe: 23
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
griet wrote in message ...

> Sommer net 'n storietjie vir die oud-onderwyseres in Kanada wat met die
> ydele herhaling van woorde al maande dieselfde wysie oor-en-oor tokkel op
> die internet.

Grootte griet maar dit is raakwoorde oor die afrikaner! Net 'n bietjie
advies oor die gloudina-tipe mense. Moet hul nie te ernstig opneem nie.
Gloudina as voorbeeld .....figureer prominent op die nuusgroep met
herhalende gedagtes uit die verlede, soms 'n oulike gediggie maar let op
...... die kwaliteit van haar denke is nie diep nie. So jammer dat sulke
mense dikwels 'n nuusgroep oorheers deur die blote herhaling en herhaling
van negatiewe dinge wat op sy beurt 'n teenreaksie ontlok. Die grootste
jammerte dat Suid-Afrika in 'n tyd waar positiewe denke nodig is, op die net
verteenwoordig word deur 'n nuusgroep wat oorheers word deur "oud suid
afrikaners" wat op veilige afstand rasionaliseer oor hul besluit om die land
te verlaat. Gelukkig is daar vir ons "agtergeblewenes" darem 'n alternatief.
.....'n interne nuusgroep wat dinge heel positief beskou. Wat soms ook
glimlag vir 'n klassieke weskus staaltjie of filosofeer oor die beste resep
vir 'n marinade vir karootjops oor kameeldoringkole :)
Re: Die Wie is Wie van Afrikaners [boodskap #13636 is 'n antwoord op boodskap #13614] Ma, 30 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
dega  is tans af-lyn  dega
Boodskappe: 23
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in message ...
>
> Nog 'n bom in die grond wat ontplof
> word deur 'n raakskoot in die verloop
> van die Derde Afrikaner-Vryheidsoorlog.
>
> Penkop

LOL ......... gloudina die kryger !!
Re: Die Wie is Wie van Afrikaners [boodskap #13637 is 'n antwoord op boodskap #13614] Ma, 30 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| Nog 'n bom in die grond wat ontplof
| word deur 'n raakskoot in die verloop
| van die Derde Afrikaner-Vryheidsoorlog.
|
| Penkop
|
|
Ander mense weer soek hulle hulle lekkerkry in seks ...
Re: Die Wie is Wie van Afrikaners [boodskap #13700 is 'n antwoord op boodskap #13614] Wo, 01 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "griet" writes:
>
>> Sommer net 'n storietjie vir die oud-onderwyseres in Kanada wat met die
>> ydele herhaling van woorde al maande dieselfde wysie oor-en-oor tokkel op
>> die internet.
>
>
> Nog 'n bom in die grond wat ontplof
> word deur 'n raakskoot in die verloop
> van die Derde Afrikaner-Vryheidsoorlog.
>
> Penkop

Nee wat. Dit was toe 'n dud. Die enigste ontploffing was in die
snel-degenererende synapse van ou Warkop.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Die probleem
Volgende onderwerp: nog steeds dieselfde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 18:20:55 MGT 2024