Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » meesleur
meesleur [boodskap #136324] Wo, 21 April 2021 17:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
meesleur
Afbreking: mee•sleur
Samestelling: mee (saam) + sleur


Werkwoord: sleur mee, meesleur
Verlede tyd: het meegesleur

Betekenis:
• Om iets saam te sleep.
• (figuurlik) Iemand se aandag boei en saamneem.

Gebruik:
• Pasop dat die seestrome jou nie na die dieptes meesleur nie.
• Die gehoor is deur die harmonieuse musiek meegesleur.

Sinoniem:
• meevoer
• meesleep
• saamneem

Afgelei:
• meesleurend

Vertaling:
Engels: to drag along
Nederlands: meesleuren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dooiepunt
Volgende onderwerp: masiet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 04:32:14 MGT 2024