Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » luidrugtig
luidrugtig [boodskap #136313] Di, 20 April 2021 19:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
luidrugtig
Afbreking: luid•rug•tig


Byvoeglike naamwoord: luidrugtig
Vergrotende trap: luidrugtiger
Oortreffende trap: luidrugtigste
Attributief: luidrugtige
Partitief: luidrugtigs

Betekenis:
• Wat heeltemal te veel lawaai maak.

Gebruik:
• Dwaasheid is soos 'n vrou wat luidrugtig bly klets, stadig van begrip en sonder kennis van sake. [Spreuke 9:13]

Sinoniem:
• hard
• hardop
• jubelend
• juigend
• lawaaierig
• luid
• luidkeels
• onrustig
• onstuimig
• oproerig
• raserig
• rumoerig
• skreeuend
• uitbundig
• uitgelate

Afgelei:
• luidrugtigheid

Spelfout:
• luiddrugtig

Vertaling:
Engels: noisy, loud, boisterous, clamorous
Nederlands: luidruchtig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: loket
Volgende onderwerp: karmosyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 04:48:30 MGT 2024