Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spoeg
spoeg [boodskap #136304] Di, 20 April 2021 11:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spoeg
Afbreking: spoeg


Werkwoord: spoeg
Verlede tyd: het gespoeg

Betekenis:
• Speeksel of kos uit die mond werp.

Gebruik:
• Ek gril as die rugbyspelers so op die veld spoeg.

Spreekwoord:
• Vuur en vlam spoeg. [Baie kwaad wees.]

Wisselvorm:
• spu
• spuug

Afgelei:
• uitspoeg

Vertaling:
Engels: to spit, expectorate
Nederlands: spugen, spoegen


Selfstandige naamwoord: spoeg
Meervoud: spoeë

Betekenis:
• Slym wat deur die kliere in die mond afgeskei word.

Gebruik:
• Hy praat laat die spoeg spat.

Sinoniem:
• kwyl
• mondslym
• mondvog
• saliva
• speeksel

Afgelei
• spoegbak
• spoeggewoonte
• spoegklier
• spoegkobra
• spoegsel
• spoegslang
• spoegstraal

Vertaling:
Engels: spittle, spit, saliva
Nederlands: spoegen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kamee
Volgende onderwerp: konsekwent
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 21:17:54 MGT 2024