Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Tony Blair se toespraak vandag
Re: Tony Blair se toespraak vandag [boodskap #1361] Vr, 18 Julie 2003 06:11 na volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:2ejehv8iqa4ediklmvcttvmtjeepfu1fq5@4ax.com...
> Lorinda, wat het julle daar in Engeland gedink van Tony Blair se
> toespraak vandag hier in DC? Hier was dit baie goed ontvang, deur
> beide die Dems en die Repugs.

Ek dink Tony Blair is op die oomblik meer gewild in die VSA as hier. Hier is
die duiwel los oor allerhande goed (soos die National Health Service ens.)
nie net die oorlog in Iraq nie. Dit is asof die tide hier teen hom gedraai
het, en in sy eie party is mense hard aan die spekuleer aan wat 'n jaar
gelede ondenkbaar sou gewees het, naamlik dat hy miskien moet bedank. Bush
is nie gewild hier nie, en dit stook anti-Amerikaanse gevoel oor die
algemeen. Die feit dat hy VSA toe is terwyl daar allerhande probleme hier is
word ook sterk gekritiseer in die pers.

Lorinda
Re: Tony Blair se toespraak vandag [boodskap #1363 is 'n antwoord op boodskap #1361] Vr, 18 Julie 2003 09:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:3f178e69$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Katryn" wrote in message
> news:2ejehv8iqa4ediklmvcttvmtjeepfu1fq5@4ax.com...
>> Lorinda, wat het julle daar in Engeland gedink van Tony Blair se
>> toespraak vandag hier in DC? Hier was dit baie goed ontvang, deur
>> beide die Dems en die Repugs.
>
> Ek dink Tony Blair is op die oomblik meer gewild in die VSA as hier. Hier is
> die duiwel los oor allerhande goed (soos die National Health Service ens.)
> nie net die oorlog in Iraq nie. Dit is asof die tide hier teen hom gedraai
> het, en in sy eie party is mense hard aan die spekuleer aan wat 'n jaar
> gelede ondenkbaar sou gewees het, naamlik dat hy miskien moet bedank. Bush
> is nie gewild hier nie, en dit stook anti-Amerikaanse gevoel oor die
> algemeen. Die feit dat hy VSA toe is terwyl daar allerhande probleme hier is
> word ook sterk gekritiseer in die pers.
>
> Lorina

Wat gaan eintlik aan met de UK?????

Blair, wil maar saamwerk met Bush, Blair wil saamwerk met Europa.
Maar Bush is nie baie gewild in Europa nie.
Die engelse wil nie met Europa saamgaan nie, hulle wil nie die kilo's hê en
al heeltemal die euro nie.

Blair is nie meer populêr nie, ek dink engeland sal 'n keus moet gaan maak.
Maar hulle kies vir die wêreldpolitiek en die land is nie meer 'n groot land
in die wêreld nie.

GrRico
Re: Tony Blair se toespraak vandag [boodskap #1375 is 'n antwoord op boodskap #1361] Vr, 18 Julie 2003 21:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:8f0ghv849p1j9lq14va5h55apuh61f73t2@4ax.com...
>
> Maar het jy sy toespraak gehoor of gelees? Dit was rerig goed, hoor.

Ek het net aanhalings gelees... Waar hy goed se soos dat die geskiedenis hom
onskuldig sal vind selfs al was daar nie WMD in Iraq nie, of so iets:-) en
so aan.

> (Ek is nie baie positief dat die Demokrate die 2004 eleksie sal wen
> nie. Bush het teveel geld alreeds ingesamel vir die 2004 eleksie, en
> hy is te goed ingewurm) Elkgeval - dalk gebeur daar 'n wonderwerk.
> :-)

Ons sal maar moet glo dat wonderwerke kan gebeur....

> Wie is die moontlike kandidaat om hom te vervang?

> Ek wens net ek het geweet watse
> houvas Bush op Blair het? Daar moet iets wees wat ons nie van weet
> nie.

Gordon Brown, huidig Chancellor of the Exchequer word op die oomblik as die
favourite gesien om hom te vervang. Oor die houvas wat Bush oor Blair het,
dit is 'n vraag wat gereeld hier gevra word.... Ons kan maar net wonder.
Hopelik is dit iets werklik interessants wat iemand dalk eendag sal
uitblaker:-))

Lorinda
Re: Tony Blair se toespraak vandag [boodskap #1376 is 'n antwoord op boodskap #1363] Vr, 18 Julie 2003 21:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Rico" wrote in message
news:3f17bfd6$0$49098$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Wat gaan eintlik aan met de UK?????
>
> Blair, wil maar saamwerk met Bush, Blair wil saamwerk met Europa.
> Maar Bush is nie baie gewild in Europa nie.
> Die engelse wil nie met Europa saamgaan nie, hulle wil nie die kilo's hê en
> al heeltemal die euro nie.

Gordon Brown se toespraak nou die dag was interessant, hy het daarin
duidelik gesê oor die euro dat dit net 'n kwessie van tyd is.


> Blair is nie meer populêr nie, ek dink engeland sal 'n keus moet gaan maak.
> Maar hulle kies vir die wereldpolitiek en die land is nie meer 'n groot land
> in die wereld nie.
>
> GrRico

Dis juis waaroor Blair op die oomblik hier gekritiseer word, dat hy te veel
omgee vir buitelandse politiek en te min vir wat binnelands aangaan. Dit
was ook 'n klompie maande gelede baie belangrik vir Blair om "teen
terrorisme" uit te kom, hy was in 'n baie ongemaklike posisie oor wat die
Britse mag in Noord-Ierland gedoen het; die Stevens komissie se verslag was
op die punt om uit te kom. Om die hele wêreld opgesweep te kry teen
"terrorisme" sou die saak van die katolieke swakker maak, omdat die IRL
terroriste is. Dit is moontlik dat mense dan sou dink dat sulke dinge maar
gebeur in 'n geveg teen terrorisme. Hy was natuurlike ook doodreg, die
verslag het uitgekom maar met die Iraq oorlog het dit heeltemal verlore
geraak in die geraas.

Lorinda
Re: Tony Blair se toespraak vandag [boodskap #1379 is 'n antwoord op boodskap #1361] Sa, 19 Julie 2003 07:03 Na vorige boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:8f0ghv849p1j9lq14va5h55apuh61f73t2@4ax.com...
>
> Gister ek ek nogal met 'n smaail so by myselwers gesit en dink dat die
> keffertjie (Blair) dalk 'n beter toekoms hier in Amerika sal hê as
> Dubya se Press Secretary. :-)))

Dankie tog. Dan hoef ons nie te worry oor hoe hy aan die lewe sal bly as hy
sy werk hier verloor nie:-))

Lorinda
Vorige onderwerp: Re: Die mees bekende man word 85
Volgende onderwerp: Boodskap vir oom Nelson
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 22:31:13 MGT 2024