Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geradbraak
geradbraak [boodskap #136291] So, 18 April 2021 08:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19497
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geradbraak
Afbreking: ge•rad•braak


Byvoeglike naamwoord: geradbraak
Attributief: geradbraakte

Betekenis:
• Wat gebrekkig is, veral oor taalgebruik gesê.

Gebruik:
• Sy Afrikaans is ietwat geradbraak, maar hy probeer darem!

Sinoniem:
• gebrekkig
• verknoeid
• vermink

Vertaling:
Engels: broken
Nederlands: geradbraakt


Werkwoord: radbraak
Verlede tyd: het geradbraak

Betekenis:
• (verouderd) Verlede deelwoord van radbraak (martel op 'n foltertuig wat die ledemate breek of rek).

Gebruik:
• Die wreedste vorm van straf is opgelê en die oortreder is geradbraak en opgehang.

Vertaling:
Engels: mutilated
Nederlands: geradbraakt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geneë
Volgende onderwerp: gramskap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 09:12:35 MGT 2024