Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gebelg
gebelg [boodskap #136289] So, 18 April 2021 07:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gebelg
Afbreking: ge•belg


Byvoeglike naamwoord: gebelg, gebelgd
Attributief: gebelgde

Betekenis:
• Wat baie kwaad is; hoogs ontsteld (oor iets wat 'n mens aangedoen is).

Gebruik:
• Die beskuldigde het gebelg opgespring en op die regter geskree.

Wisselvorm:
• gebelgd

Sinoniem:
• boos
• kwaad
• ontevrede
• ontstem
• ontstemd
• ontstig
• vererg
• vertoornd
• woedend

Afgelei:
• gebelgdheid

Vertaling:
Engels: angry, affronted, aggrieved, insulted, offended
Nederlands: gebelgd

Nota:
• Kan ook as werkwoord dien: "Josef se drome het sy broers só gebelg dat hulle hom as slaaf verkoop het."

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: swerflus
Volgende onderwerp: geneë
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 05:51:55 MGT 2024