Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » milt
milt [boodskap #136256] Ma, 12 April 2021 15:01
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18944
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die milt.
Die milt.
milt
Afbreking: milt


Selfstandige naamwoord: milt
Meervoud: milte
Verkleinwoord: miltjie
Meervoud van verkleining: miltjies

Betekenis:
• Niervormige orgaan net onder die diafragma en effens links agter die maag.

Gebruik:
• Die milt dien hoofsaaklik as 'n bloedfilter wat die gehalte van die bloed beheer.

Afgelei:
• miltkoors
• miltkwaal
• miltontsteking
• miltsiekte
• miltsteek
• miltvergroting
• miltvuur

Verwant:
• splenektomie (verwydering van die milt)
• splenomegakie (vergroting van die milt)
• splenotomie (insnyding in die milt)

Vertaling:
Engels: spleen
Nederlands: milt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: intertekstualiteit
Volgende onderwerp: artritis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 15:30:17 MGT 2024