Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » begraafplaas
begraafplaas [boodskap #136181] So, 04 April 2021 11:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Begraafplaas.
'n Begraafplaas.
begraafplaas
Afbreking: be•graaf•plaas
Samestelling: begraaf + plaas
Uitspraak: /bəˈχrɑːfˌplɑːs/


Selfstandige naamwoord: begraafplaas
Meervoud: begraafplase
Verkleinwoord: begraafplasie
Meervoud van verkleining: begraafplasies

Betekenis:
• Plek waar dooie mense begrawe word.

Gebruik:
• 'n Begraafplaas het gewoonlik 'n tuin en ander versierings wat lewe simboliseer en hulde aan die afgestorwenes bring.

Sinoniem:
• bedroefplaas (Griekwaland-Wes)
• begraafplek
• dodeakker
• kerkhof
• nekropolis
• rusplek

Afgelei:
• skeepsbegraafplaas

Spelfout:
• begrafplaas

Vertaling:
Engels: cemetery, graveyard
Nederlands: begraafplaats

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanstaande
Volgende onderwerp: bekruip
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 12:52:11 MGT 2024