Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skottel
skottel [boodskap #136177] Sa, 03 April 2021 19:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skottel
Afbreking: skot•tel
Uitspraak: /ˈskɔ.təl/


Selfstandige naamwoord: skottel
Meervoud: skottels
Verkleinwoord: skotteltjie
Meervoud van verkleining: skotteltjies

Betekenis:
• 'n Wye, platterige bak, houer of kom.
• Iets wat soos 'n skottel lyk.

Gebruik:
• Meng en knie die deeg in 'n skottel.
• Ons kan die TV-kanaal per skottel opvang.

Spreekwoord:
• Wie met die duiwel uit een skottel eet, moet 'n lang lepel hê. [Wie met slegte mense sake doen, moet verwag om gekul te word.]

Afgelei:
• aanmaakskottel
• blikskottel
• eenskottelgereg
• satellietskottel
• skottelantenne
• skottelbraai
• skotteldoek
• skottelgoed
• skottelploeg
• skottelskaar
• vleisskottel

Vertaling:
Engels: dish, basin
Nederlands: schotel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blikskottel
Volgende onderwerp: humor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 06:46:45 MGT 2024