Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afgod
afgod [boodskap #136157] Vr, 02 April 2021 10:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afgod
Afbreking: af•god
Samestelling: af + god


Selfstandige naamwoord: afgod
Meervoud: afgode
Verkleinwoord: afgodjie
Meervoud van verkleining: afgodjies

Betekenis:
• 'n Beeld of voorwerp wat aanbid (of buitengewoon vereer) word.

Gebruik:
• Jy moenie van jou geld 'n afgod maak nie.

Spreekwoord:
• Hy maak 'n afgod daarvan. [Hy heg te veel waarde daaraan.]
• Hy maak 'n afgod van sy maag. [Vraatsugtug wees.]
• Dit is 'n afgod met voete van klei. [Iets waarop jy nie kan staatmaak nie.]

Afgelei:
• afgoddienaar
• afgodedienaar
• afgodediens
• afgodery
• afgodetempel
• afgodsbeeld
• afgodsdienaar
• afgodstempel
• afgodtempel

Vertaling:
Engels: idol, false god
Nederlands: afgod

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afdroog
Volgende onderwerp: afhaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 06:43:41 MGT 2024