Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » seks
seks [boodskap #136098] So, 28 Maart 2021 09:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
seks
Afbreking: seks


Selfstandige naamwoord: seks
Meervoud: sekse

Betekenis:
• Die geslag van 'n mens of dier, manlik of vroulik.

Gebruik:
• Seksisme is die diskriminasie op grond van 'n persoon se seks.

Sinoniem:
• seksualiteit
• geslag

Verwant:
• vroulikheid
• manlikheid

Vertaling:
Engels: sexuality
Nederlands: seks


Selfstandige naamwoord: seks
Meervoud:

Betekenis:
• Liggaamlike aktiwiteit wat tot opwinding en voortplanting lei.

Gebruik:
Seks bevredig die seksdrang (libido), bewerkstellig voortplanting en speel ook 'n sentrale rol in die liefdesverhouding.

Sinoniem:
• gemeenskap
• geslagsdaad
• geslagsgemeenskap
• geslagsomgang
• geslagsverkeer
• kopulasie
• omgang
• paring

Afgelei:
• seksbehep
• seksdaad
• seksdokter
• seksdrang
• sekseskapade
• seksisme
• seksisties
• sekskatjie
• sekskliniek
• sekskomedie
• sekslewe
• seksmaat
• seksoloog
• seksopkikker
• seksopvoeding
• sekspil
• seksposisie
• seksroetine
• seksroman
• sekssimbool
• seksspel
• seksterapeut
• seksterapie
• sekstoneel
• seksueel
• seksuologie
• seksuoloog
• seksverhouding
• seksvoorligting
• seksvoorwerp

Vertaling:
Engels: sex
Nederlands: seks

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: volksvreemd
Volgende onderwerp: fokuspunt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 06:44:16 MGT 2024