Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » binêr
binêr [boodskap #136059] Wo, 24 Maart 2021 20:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
binêr
Afbreking: bi•nêr


Byvoeglike naamwoord: binêr
Attributief: binêre

Betekenis:
• Wat uit twee dele of twee wedersyds eksklusiewe toestande bestaan.
• (rekenaars) Betreffende die getallestelsel wat slegs die syfers 0 en 1 het.

Gebruik:
• Daar is mense wat beweer dat geslag (man en vrou) nie so eenvoudig en binêr is nie.
• Die getal 0111 in die binêre stelsel verteenwoordig die getal 7 in die desimale stelsel.

Sinoniem:
• dualisties
• tweedelig
• tweeledig
• tweesydig
• tweetallig
• tweevoudig

Antoniem:
• nie-binêr

Vertaling:
Engels: binary
Nederlands: binair


Selfstandige naamwoord: binêr
Meervoud:

Betekenis:
• Die getallestelsel wat slegs die syfers 0 en 1 het.

Gebruik:
• Skakel die getal om van desimaal na binêr.

Vertaling:
Engels: binary
Nederlands: binair

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nutteloos
Volgende onderwerp: feëprinses
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 06:24:33 MGT 2024