Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vetsmeer
vetsmeer [boodskap #136018] Sa, 20 Maart 2021 11:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vetsmeer
Afbreking: vet•smeer
Samestelling: vet + smeer


Werkwoord: smeer vet, vetsmeer
Verlede tyd: het vetgesmeer

Betekenis:
• (figuurlik) Jou regmaak vir 'n pak of moeilikheid.
• Vet of ghries aanwend.

Gebruik:
• Die Springbokke kan hulself vetsmeer as hulle weer met sulke ongedissiplineerde spel vorendag kom.
• As mens rieme brei moet jy dit telkens vetsmeer net voordat dit te droog word.

Spreekwoord:
• Jy moet jou lyf vetsmeer. [Klaarmaak vir 'n pak slae.]

Vertaling:
Engels: to grease
Nederlands: invetten


Selfstandige naamwoord: vetsmeer
Meervoud: vetsmere
Verkleinwoord: vetsmeertjie
Meervoud van verkleining: vetsmeertjies

Betekenis:
• 'n Vetterige sweermiddel soos olie of ghries.

Gebruik:
• Wend 'n vetsmeer aan.

Vertaling:
Engels: grease
Nederlands: vetsmering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aroma
Volgende onderwerp: nagtegaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 06:30:05 MGT 2024