Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opstand
opstand [boodskap #135987] Do, 18 Maart 2021 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opstand
Afbreking: op•stand
Uitspraak: /ˈɔp.stant/


Selfstandige naamwoord: opstand
Meervoud: opstande
Verkleinwoord: opstandjie
Meervoud van verkleining: opstandjies

Betekenis:
• 'n Grootskaalse, dikwels gewelddadige, poging om die heersende gesag omver te werp.

Gebruik:
• Daar is nie opstand of veglustigheid in haar houding nie, net 'n stil krag wat 'n knop in jou keel los. [Susan Lombaard; Maroela Media; 29 Mei 2020]

Sinoniem:
• insurgensie
• muitery
• omverwerping
• onluste
• oproer
• oproerigheid
• paleisrevolusie
• protes
• rebellie
• revolusie
• staking
• verrysing
• verset
• weerstand

Afgelei:
• opstandeling
• opstandig
• volksopstand

Vertaling:
Engels: uprising, rebellion, insurrection, revolt
Nederlands: opstand

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opstandeling
Volgende onderwerp: wetstoepasser
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 06:46:35 MGT 2024