Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » triomf
triomf [boodskap #135938] Sa, 13 Maart 2021 19:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
triomf
Afbreking: tri•omf


Selfstandige naamwoord: triomf
Meervoud: triomfe
Verkleinwoord: triomfie
Meervoud van verkleining: triomfies

Betekenis:
• 'n Groot oorwinning of prestasie.
• (histories) 'n Feestelike intog.

Gebruik:
• Die Titanic is as 'n triomf van die menslike vernuf oor die natuur beskou.
• Die lyk van die gehate Prins Abdullah is in triomf deur die strate gesleep en verbrand.

Sinoniem:
• deurbraak
• oorwinning
• sege
• sukses
• verowering
• viering

Afgelei:
• triomfantelik
• triomfantlik
• triomfboog
• triomfdag
• triomfeer
• triomfeerder
• triomfering
• triomflied
• triomfsang
• triomfsuil
• triomftog
• triomftoon

Vertaling:
Engels: triumph
Nederlands: triomf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toppunt
Volgende onderwerp: generasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 06:38:16 MGT 2024