Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fondament
fondament [boodskap #135923] Vr, 12 Maart 2021 14:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die fondament vir 'n nuwe huis.
Die fondament vir 'n nuwe huis.
fondament
Afbreking: fon•da•ment


Selfstandige naamwoord: fondament
Meervoud: fondamente
Verkleinwoord: fondamentjie
Meervoud van verkleining: fondamentjies

Betekenis:
• Die fondasie of onderste gedeelte van 'n gebou.
• (figuurlik) Die begin, basis of grondslag van iets.

Gebruik:
• Elke huis is op 'n fondament gebou, maar nie elke huis is op dieselfde soort fondament gebou nie.
• 'n Suksesvolle mens is iemand wat 'n stewige fondament kan bou met bakstene waarmee ander mense hom gooi.

Sinoniem:
• basis
• betonwerk
• grondslag
• grondstuk
• grondves
• fondasie
• onderbou
• substratum
• voetstuk

Afgelei:
• fondamentbalk
• fondamenthoogte
• fondamentklip
• fondamentlegging
• fondamentmuur
• fondamentsteen
• fondamentversterking
• fondamentvoor

Vertaling:
Engels: foundation; bottom
Nederlands: fondament

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kleinsielig
Volgende onderwerp: smarag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 06:52:19 MGT 2024