Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » katedraal
katedraal [boodskap #135909] Wo, 10 Maart 2021 20:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die binnekant van 'n katedraal.
Die binnekant van 'n katedraal.
katedraal
Afbreking: ka•te•draal


Selfstandige naamwoord: katedraal
Meervoud: katedrale
Verkleinwoord: katedraaltjie
Meervoud van verkleining: katedraaltjies

Betekenis:
• Die hoofkerk van 'n bisdom waar die biskop gesetel is.
• 'n Groot luisterryke kerkgebou, meestal in gotiese boustyl.

Gebruik:
• Die Notre-Dame dien as die Rooms-Katolieke katedraal vir die aartsbisdom van Parys.
• Die katedraal het in 2019 afgebrand en word tans gerestoureer.

Sinoniem:
• biskopkerk
• dom
• domkerk

Afgelei:
• katedraalkapittel
• katedraalkelder
• katedraalkerk

Vertaling:
Engels: cathedral
Nederlands: kathedraal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: denotatief
Volgende onderwerp: koraal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 06:47:49 MGT 2024