Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » strooihalm
strooihalm [boodskap #135891] Wo, 10 Maart 2021 08:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
strooihalm
Afbreking: strooi•halm
Samestelling: strooi + halm


Selfstandige naamwoord: strooihalm
Meervoud: strooihalms
Verkleinwoord: strooihalmpie
Meervoud van verkleining: strooihalmpies

Betekenis:
• Die stingel van 'n gras of gedorste graan, of figuurlik, iets met weinig waarde.

Gebruik:
• Uit eie krag is ons soos 'n strooihalm in die stormwind.

Spreekwoord:
• Aan 'n strooihalm vashou. [In die nietigste middel redding soek.]
• 'n Drenkeling gryp na 'n strooihalm. [In nood soek 'n mens hulp by enigiets.]
• Dis laaste strooihalm wat die kameel se rug breek. [Die laaste nonsens wat tot verandering gelei het.]

Vertaling:
Engels: blade of straw
Nederlands: strohalm

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geelhoutboom
Volgende onderwerp: snelstrik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:27:07 MGT 2024