Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » neseier
neseier [boodskap #135863] So, 07 Maart 2021 10:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20218
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
neseier
Afbreking: nes•ei•er
Samestelling: nes + eier


Selfstandige naamwoord: neseier
Meervoud: neseiers
Verkleinwoord: neseiertjie
Meervoud van verkleining: neseiertjies

Betekenis:
• 'n Eier in 'n lênes.
• (figuurlik) Geld wat 'n mens vir 'n spesifieke doel gespaar het.

Gebruik:
• 'n Nagemaakte neseier word dikwels gebruik om 'n hen aan te moedig om self te begin lê
• Hulle wil eers 'n neseier opbou voordat hulle trou.

Spreekwoord:
• Hulle het al 'n mooi neseier. [Hulle het al 'n besondere bedrag gespaar.]

Sinoniem:
• bêregeld
• reserwefonds
• spaargeld

Vertaling:
Engels: nest egg
Nederlands: nestei

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: reserwe
Volgende onderwerp: deurgang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:50:03 MGT 2024