Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inkvis
inkvis [boodskap #135837] Vr, 05 Maart 2021 07:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19110
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Inkvisse
Inkvisse
inkvis
Afbreking: ink•vis
Samestelling: ink + vis


Selfstandige naamwoord: inkvis
Meervoud: inkvisse
Verkleinwoord: inkvissie
Meervoud van verkleining: inkvissies

Betekenis:
• 'n Koppotige weekdier van die see met vangarms wat 'n bruinswart wolk vir beskerming uitspuit.

Gebruik:
• Die kleinste inkvis is skaars 2,5 cm lank, terwyl sommige inkvisse tot 20 m lank kan word.

Sinoniem:
• kalamari (as kos)
• tjokka (as aas)

Hiperoniem:
• weekdier

Hiponiem:
• pykinkvis
• seekat

Afgelei:
• inkvisagtig

Vertaling:
Engels: inkfish, squid, cuttlefish
Nederlands: inktvis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sterfling
Volgende onderwerp: kalamari
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 07:44:32 MGT 2024