Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » handgreep
handgreep [boodskap #135767] Do, 25 Februarie 2021 12:24
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20218
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
handgreep
Afbreking: hand•greep
Samestelling: hand + greep
Uitspraak: /ˈɦant.χrɪə̯p/


Selfstandige naamwoord: handgreep
Meervoud: handgrepe
Verkleinwoord: handgrepie
Meervoud van verkleining: handgrepies

Betekenis:
• Die handeling om iets met die hand te gryp of vas te vat.
• Handvatsel waaraan iets opgetel of rondgeskuif word.

Gebruik:
• 'n Boer het 'n stewige handgreep.
• 'n Waaghals het tydens die 'n vertoning 'n swaard in sy keel afgedruk, tot net die handgreep by sy mond uitgesteek het.

Sinoniem:
• handdruk
• handvatsel

Afgelei:
• handgreepoefening

Vertaling:
Engels: grasp; handle, grip
Nederlands: handgreep

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: volwassene
Volgende onderwerp: tydsaam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:32:57 MGT 2024