Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verbruiker
verbruiker [boodskap #135746] Sa, 20 Februarie 2021 11:30
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20218
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verbruiker
Afbreking: ver•brui•ker
Samestelling: verbruik + -er


Selfstandige naamwoord: verbruiker
Meervoud: verbruikers
Verkleinwoord: verbruikertjiie
Meervoud van verkleining: verbruikertjies

Betekenis:
• Iets of iemand wat iets verbruik/ tot voordeel aanwend.
• (ekonomie) Persoon wat produkte en dienste van 'n leweransier aankoop.
• (biologie) Organisme wat nie sy eie voedsel kan produseer nie en ander organismes as voedsel eet.

Gebruik:
• Sjina is die grootste verbruiker van steenkool ter wêreld.
• 'n Produsent moet eers die verbruiker se behoeftes en voorkeure verstaan voordat hy tot produksie kan oorgaan.
• 'n Primêre verbruiker is 'n organisme wat hoofsaaklik plantmateriaal as voedsel eet.

Sinoniem:
• gebruiker

Antoniem:
• produsent
• vervaardiger

Afgelei:
• verbruikersbehoeftes
• verbruikersbeskerming
• verbruikersbesteding
• verbruikersdruk
• verbruikersgoedere
• verbruikersgunstige
• verbruikersindustrie
• verbruikerskoöperasie
• verbruikerslande
• verbruikersmandjie
• verbruikersmarkte
• verbruikersmentaliteit
• verbruikersnavorsing
• verbruikersontevredenheid
• verbruikersopvoeding
• verbruikersorganisasie
• verbruikersprys
• verbruikersprysindeks
• verbruikerspyp
• verbruikersverpligtinge
• verbruikersvlak
• verbruikersvoorligting
• verbruikersvraag
• verbruikersweerstand

Vertaling:
Engels: consumer
Nederlands: verbruiker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: luitoon
Volgende onderwerp: agterkleinseun
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:30:02 MGT 2024