Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ongerep
ongerep [boodskap #135739] So, 14 Februarie 2021 12:14
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20218
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ongerep
Afbreking: on•ge•rep


Byvoeglike naamwoord: ongerep
Vergrotende trap: ongerepter
Oortreffende trap: ongerepste
Attributief: ongerepte

Betekenis:
• Wat nie deur menslike toedoen verander is nie.

Gebruik:
• Wat kan nou mooier wees as die uitgestrekte vlaktes, ongerepte natuur en 'n knetterende vuur.

Sinoniem:
• idillies
• intak
• kuis
• maagdelik
• natuurlik
• nuut
• onbeïnvloed
• onbeskadig
• ongedeerd
• onaangeraak
• onaangeroer
• onaangetas
• ongeskonde
• rein
• splinternuut
• vlekloos

Afgelei:
• ongereptheid

Vertaling:
Engels: pristine, unspoilt, virginal
Nederlands: ongerept

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: waterskilpad
Volgende onderwerp: vokaalgroep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:43:54 MGT 2024