Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » China
China [boodskap #135735] So, 14 Februarie 2021 08:29
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20218
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die Volksrepubliek China word in groen aangedui en die Republiek China in oranje.
Die Volksrepubliek China word in groen aangedui en die Republiek China in oranje.
China
Afbreking: Chi•na
Uitspraak: /ˈʃi.na/




Pleknaam: China

Betekenis:
• Die Volksrepubliek China, 'n groot land in Oos-Asië.
• Taiwan, amptelik die Republiek China, 'n eilandstaat in die Suid-Chinese See.

Gebruik:
• Die Volksrepubliek China is die land met die grootste bevolking ter wêreld.
• Naas die hoofeiland Taiwan sluit die Republiek China 'n reeks kleiner eilande soos Penghu, Kinmen, Matsu, Dongsha, Zhongsha en Nansha in.

Wisselvorm:
• Sjina

Verwant:
• Chinees

Vertaling:
Engels: China
Nederlands: China

Nota:
• China word soms verafrikaans tot Sjina (die foneties korrekte spelling) soos C.J. Langenhoven dit geskryf het.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: netheid
Volgende onderwerp: misnoeë
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:45:59 MGT 2024