Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mosterd
mosterd [boodskap #135732] So, 14 Februarie 2021 07:56
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20218
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Mosterdplant, <i>Brassica nigra</i>.
'n Mosterdplant, Brassica nigra.
mosterd
Afbreking: mos•terd
Uitspraak: /ˈmɔs.tərt/


Selfstandige naamwoord: mosterd
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Pasta van gemaalde mosterdsaad, sout en asyn wat as geurmiddel by kos gebruik word.
• Plant waarvan die saad as kruiemiddel gemaal word om mosterdsous of -poeier te maak.

Gebruik:
Mosterd word algemeen saam met varkvleis, burgers en worsbroodjies bedien.
Mosterd word op groot skaal verbou.

Spreekwoord:
• Dis mosterd na die maal. [Te laat.]
• Iemand deur die mosterd trek. [Iemand berispe.]

Afgelei:
• mosterdbad
• mosterdboom
• mosterdgas
• mosterdgeel
• mosterdlepeltjie
• mosterdolie
• mosterdpap
• mosterdplant
• mosterdpleister
• mosterdpoeier
• mosterdpotjie
• mosterdroom
• mosterdroomsous
• mosterdsaad
• mosterdsaadjies
• mosterdsous
• mosterdsuur

Vertaling:
Engels: mustard
Nederlands: mosterd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: knelpunt
Volgende onderwerp: toegewydheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:41:45 MGT 2024