Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mantel
mantel [boodskap #135730] So, 14 Februarie 2021 07:09
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20218
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Mantel.
'n Mantel.
Skets wat die aarde se mantel aandui.
Skets wat die aarde se mantel aandui.
mantel
Afbreking: man•tel
Uitspraak: /ˈman.təl/


Selfstandige naamwoord: mantel
Meervoud: mantels
Verkleinwoord: manteltjie
Meervoud van verkleining: manteltjies

Betekenis:
• 'n Los oorkleed, soortgelyk aan 'n jas sonder moue wat los oor die skouers gedra word.
• (figuurlik) 'n Omhulsel wat iets beskerm.

Gebruik:
• Kersvader dra 'n rooi mantel.
• Die aarde se mantel lê direk onder die aardkors en is ongeveer 2900 km dik.

Spreekwoord:
• Jou mantel na die wind draai. [Jou op beginsellose wyse na omstandighede skik.]

Sinoniem:
• ampsgewaad
• bedekking
• omhulsel
• oortreksel

Hiponiem:
• karos
• oorjas
• sluier
• tjalie
• toga

Meroniem:
• benedemantel
• binnemantel
• buitemantel
• oppermantel

Afgelei:
• aardmantel
• mantelaap
• mantelbobbejaan
• manteldier
• manteldraaier
• mantelkap
• mantelkostuum
• mantelkraag
• mantelmou
• mantelpak
• mantelpunt
• mantelvlies
• mantelvliesbreuk

Vertaling:
Engels: cloak, cape, mantle, gown; shell, casing, sheathing
Nederlands: mantel

Afgelei:
• Van Oudhoogduits "mantal", van Latyn "mantulum", wat dop of kombers beteken.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pensionaris
Volgende onderwerp: knelpunt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:44:27 MGT 2024