Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ingrypend
ingrypend [boodskap #135658] Ma, 08 Februarie 2021 09:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ingrypend
Afbreking: in•gry•pend
Samestelling: ingryp + -end


Byvoeglike naamwoord: ingrypend
Vergrotende trap: ingrypender
Oortreffende trap: ingrypendste
Attributief: ingrypende
Partitief: ingrypends
Intensief: diepingrypend

Betekenis:
• Met verreikende gevolg; diep deurdringend en voelbaar.

Gebruik:
• Die manier waarop die land krag opwek en versprei, sal in die toekoms ingrypend moet verander.

Sinoniem:
• drasties
• deurtastend
• gewigtig
• omvattend
• radikaal
• uitgebreid
• verreikend
• wesentlik

Afgelei:
• ingrypendheid

Vertaling:
Engels: far-reaching, drastic, radical
Nederlands: ingrijpend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onverbiddelik
Volgende onderwerp: nesskop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 22:49:58 MGT 2024