Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » administrasie
administrasie [boodskap #135645] So, 07 Februarie 2021 10:19
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20218
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
administrasie
Afbreking: ad•mi•ni•stra•sie


Selfstandige naamwoord: administrasie
Meervoud: administrasies

Betekenis:
• Die beheer en bestuur van 'n instansie of organisasie.
• Die mense wat beheer en bestuur toepas.

Gebruik:
• Randburg was 'n aparte munisipaliteit, maar die stad se openbare administrasie is deur die Johannesburgse Metropolitaanse Munisipaliteit oorgeneem.
• As die administrasie weier om na die werkers se klagtes te luister, sal ons tot aksie oorgaan.

Sinoniem:
• amptenary
• beheer
• beheerliggaam
• beheerraad
• bestuur
• burokrasie
• kontrole
• leiding
• ordening
• organisering
• owerheid
• papierwerk
• regering
• staatsbestuur
• staatsdiens
• toesig

Afkorting:
• admin.

Verwant:
• administratief
• administrateur
• administreer

Afgelei:
• administrasiegebou
• administrasiekantoor
• bedryfsadministrasie
• studente-administrasie

Vertaling:
Engels: administration
Nederlands: administratie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: administratief
Volgende onderwerp: innovasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:39:57 MGT 2024