Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » baldadig
baldadig [boodskap #135630] Vr, 05 Februarie 2021 16:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
baldadig
Afbreking: bal•da•dig


Byvoeglike naamwoord: baldadig
Vergrotende trap: baldadiger
Oortreffende trap: baldadigste
Attributief: baldadige
Partitief: baldadigs

Betekenis:
• Uitgelate en spelerig.
• Wild en woes.

Gebruik:
• Kleuters is van nature energiek en baldadig en ongelukke gebeur maklik.
• Die klok lui en die kinders storm die klas baldadig binne.

Sinoniem:
• dartelend
• lewendig
• opgewek
• opgewonde
• plesierig
• speels
• spelerig
• springend
• uitgelate
• vrolik
• wild
• woes

Afgelei:
• baldadigheid

Verwant:
• balorig

Vertaling:
Engels: rowdy, boisterous, vandalous
Nederlands: baldadig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: indommel
Volgende onderwerp: beuselagtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 08:19:18 MGT 2024