Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Europeër
Europeër [boodskap #135596] Di, 02 Februarie 2021 18:38
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19488
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Europeër
Afbreking: Eu•ro•pe•ër


Selfstandige naamwoord: Europeër
Meervoud: Europeërs
Verkleinwoord: Europeërtjie
Meervoud van verkleining: Europeërtjies

Betekenis:
• Persoon van die kontinent Europa, of 'n land in die Europese Unie.
• Iemand met eienskappe wat tradisioneel met die kontinent van Europa geassosieer word.

Gebruik:
• Bartolomeus Dias was die eerste Europeër wat om Kaap die Goeie Hoop geseil het.
• Tydens die Apartheidsjare is daar onderskeid tussen etniese Europeërs, etnies Afrikane en ander rassegroepe getref.

Afgelei:
• Noord-Europeër
• Oos-Europeër
• Suid‐Europeër
• Wes-Europeër

Verwant:
• Europa
• Europese

Vertaling:
Engels: European
Nederlands: Europeaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: snoei
Volgende onderwerp: verdwaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 10:02:01 MGT 2024